Algemene Jaarvergadering: 12 Oktober om 19h00, te Worcester Gholfklub

Die komitee van die Worcester Wheelers nooi hiermee alle lede uit na die algemene jaarvergadering wat gehou gaan word op Maandag, 12 Oktober 2015 om 19h00 by the Worcester Gholfklub. Hieronder is die kennisgewing vir die vergadering, asook nominasievorms vir die verkiesing van komiteelede.

Agenda Algemene Jaarvergadering 2015

Nominasie as komitee lid

Die algemene jaarvergadering sal voorafgegaan word deur die tydtoets, waarna die prysuitdeling aan die kategorie wenners die tydens die jaarvergadering gedoen sal word. Ons beplan nie ‘n lang vergadering nie, maar wil graag die werksaamhede van die afgelope jaar en die planne vir die volgende jaar met die lede deel. Daar sal ook soos in die verlede gelukkige trekkings gedoen word.

Na afloop van die vergadering kan die lede sosiaal verkeer en ligte verversings sal bedien word. Ons nooi gevolglik alle lede, oud en jonk, om die verrigtinge te kom bywoon.

Indien enige navrae, kontak gerus vir Pieter Eksteen (082 571 3108)